Babastortings of aborsie – dis gekompliseerd

Die gereelde babastortings in die land bly in die nuus. Die vraag wat gevra word is wat die oplossing is hiervoor. Party mense sê toegang tot aborsie sal help, terwyl ander sê die antwoord lê in beter opvoeding vir tieners en vroue. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, wat sê die gesprek oor aborsie is baie gekompliseerd.