Gesondheidswerkers in Suid-Afrika bekommerd oor meer kinders wat in hospitale beland met Omikron-variant.

Gesondheidswerkers in Suid-Afrika se kommer neem toe oor die groeiende aantal kinders wat in die hospitaal beland met die Omikron-variant van die koronavirus. Die hoof van intensiewe sorg by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto, Rudo Mathivha, sê wat sake vererger, is dat die hospitaal nie genoeg geriewe vir siek kinders het nie. Mathivha het bekend gemaak dat ‘n 15-jarige dood is aan Covid-19 besmetting, en ‘n 17-jarige is in die intensiewe sorgeenheid. Mathivha smeek ouers om hul kinders te laat inent.