Nog pro-Palestynse betogers by Amerikaanse universiteite gearresteer

Pro-Palestynse betogers is Saterdag op ‘n handjievol Amerikaanse universiteitskampusse gearresteer, op aanklagte van kriminele betreding en weerstand teen arrestasie. Die Indiana Universiteit se polisiedepartement in Bloomington sê 23 betogers is daar in hegtenis geneem. Pro-Palestynse betogings het versprei na universiteitskampusse regoor Amerika, na die massa-arres van meer as 100 mense verlede week op die Columbia Universiteit se kampus. Benewens ‘n wapenstilstand, eis betogers dat hul universiteite onttrek van maatskappye wat by Israel se weermag betrokke is, en ‘n einde aan Amerikaanse militêre hulp vir Israel. Hulle wil ook amnestie hê vir studente en fakulteitslede wat gedissiplineer of afgedank is omdat hulle betoog het.