Minister reageer op spog-vertoning deur Namibiese atlete

Namibiese atleet Christine Mboma het ‘n byeenkomsrekord van 22:67 sekondes in die 200 meter by die Josef Odlozil-gedenkbyeenkoms in die Tsjeggiese Republiek opgestel. Haar spanmaat Beatrice Masilingi het derde gekom met ‘n tyd van 22:82 sekondes. Gina Bass van Gambië was die naaswenner. Die Namibiese atlete berei in Praag saam met hul afrigter Henk Botha vir die 2021 Tokio Olimpiese Spele voor. Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het haar blydskap met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.