Noordwes-varsity sukkel met Covid

Die studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) word met verskeie uitdagings gekonfronteer. Daar is ‘n toename in die aantal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en die Noordwes-Universiteit (NWU). Gevolglik het die NWU se reaksiespan van Covid-19 onlangs besluit om die implementering van bykomende maatreëls goed te keur om die blootstelling van personeel en studente te verminder. Juan-Ri Potgieter van die NWU sê dat daar met al hierdie uitdagings ‘n mate van positiwiteit is.