Klagte is kwaadwillig – Noa

Die 26-jarige Dennis Noa wat van sodomie aangekla word, is besig met sy borgaansoek in die Windhoek-landdroshof. Hy het aan landdros Esme Molefe gesê dat die klagte teen hom kwaadwillig is en hy is onskuldig. Hy het in die hof gesê hy het ‘n eed afgelê om nie pasiënte te beseer nie en bygevoeg dat hy boeke en dokumente in ‘n konferensiesaal gaan haal het terwyl hy die pasiënt gevat het na die radiografie departement. Noa word daarvan verdink dat hy op 10 April ‘n breinbeseerde manlike pasiënt verkrag het in die Katutura Staatshospitaal waar hy ‘n leerlingdokter is. Hy word op Seeis aangehou en sy saak is tot 22 Julie uitgestel vir verhoor. Daar is reeds uit verskeie oorde menings gelig dat die klagtes wat teen hom gebring is sy pa Paulus Noa teiken, veral met die Fishrot-ondersoek. Die aansoek duur vandag voort.