Angula gesels oor Swapo, na 63 jaar se bestaan

‘n Veteraan van Swapo sê die party staar uitdagings in die gesig. Swapo is 63 jaar terug gestig en het as vryheidsbeweging onafhanklikheid vir Namibië in 1990 saam met die Verenigde Nasies bewerkstellig. Swapo was vir dekades bekend as ‘n party van omonbonde eenheid, maar in onlangse jare was die lede van die party egter in binnegevegte gewikkel, wat skade en onenigheid binne die party veroorsaak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nahas Angula, voormalige Namibiese premier gesels oor die huidige stand van die party.