Metcalfe is frustreerd met BoN se stilswye oor verstekvonnisse

Die bekende senior regsman Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Prokureurs op Walvisbaai het sy frustrasie uitgespreek oor die versuim van die Bank van Namibië om te reageer op sy skrywe. Metcalfe het ‘n brief aan die sentrale bank gerig oor die verstekvonnisse in verband met eiendomme. Hy sê talle huiseienaars wat weens ernstige ekonomiese omstandighede wat veroorsaak is deur Covid-19 en finansiële agteruitgang in Namibië gedwing is om in gebreke te bly met betalings wat verskuldig is. Metcalfe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.