Mens-fossiel moontlik 35 000 jaar ouer as gedink

Een van die oudste bekende Homo Sapiens-fossiele is moontlik 35 000 jaar ouer as wat voorheen gedink is. ‘n Ondersoek wat in die tydskrif Nature gepubliseer is, sê vulkaniese as is gebruik om die vonds te dateer. Die Omo Een been- en skedelfragmente is in 1967 in Ethiopië ontdek. Geoloë het in 2005 bereken die fossiele is minstens 195 000 jaar oud en die oudste ooit wat teen daardie tyd ontdek is. Kundiges van die Universiteit van Cambridge het nou bevind Omo Een is 233 000 jaar oud, met ‘n fout-speling van 22 000 jaar.