Navorsing: Twee J&J-spuite doeltreffend teen Omikron

Volgens die buurland se Sisonke-program se navorsers is die Johnson en Johnson Covid-19-entstof doeltreffend teen die Omikron-variant. Die span het die wêreld se eerste bewyse oor die entstof se doeltreffendheid teen die variant voorgelê. Die direkteur van die Desmond Tutu MIV-sentrum en Gesondheidstigting, Linda-Gail Bekker, sê entstowwe is nie 100 persent doeltreffend om besmetting stop te sit nie, maar die inspuitings wat die land gebruik, bied beskerming teen ernstige siekte en dood: