Mens-dier konflik: Hoe skei ons die mense van die rivier?

Mens-dier konflik neem in die noordoostelike streke van die land toe, veral met krokodille en seekoeie. Inwoners van nedersettings langs die Okavango- en Zambezi-riviere word dikwels aangeval wanneer hulle visvang of water uit die twee standhoudende riviere trek. Ongelukkig het hierdie aanvalle te algemeen geword vir die gemeenskappe. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van die omgewing-ministerie, Teofilus Nghitila, wat sê dat hulle met die landbou-ministerie saamwerk om boorgate vir die gemeenskappe te bou, maar daar is uitdagings aangesien hulle nie die mense van hul riviere kan skei nie.