Leerders aangemoedig om onderwys te swot

Die onderwys-finansieringspesialis en uitvoerende hoof van Fundi Capital in die buurland, Mala Suriah, moedig jong Suid-Afrikaners in die land aan om onderwys as loopbaan te oorweeg. Selfs met 15 000 onderwysers wat jaarliks in Suid-Afrika ʼn graad verwerf, is daar steeds ʼn ontstellende tekort van 10 000 onderwysers. Suriah sê kwessies soos oorvol klaskamers, geweld en afknouery by skole, afwesige onderwysers, lae salarisse, gebrek aan respek en ongekwalifiseerde onderwysers dra by tot die tekort aan onderwysers: