Mbeki sal nie stemme vir ANC werf nie

Oudpresident Thabo Mbeki het sy besluit herhaal om nie in die komende verkiesing vir die ANC stemme te werf nie. In sy toespraak by die Thabo Mbeki African School of Public and International Affairs by Unisa het Mbeki die party gekritiseer en dit as gierig, korrup en met misdadige leiers beskryf. Hy sê hy is onwillig om namens die ANC ʼn veldtog te voer voor die party nie vernu word nie. Mbeki se standpunt stem ooreen met dié van oudpresident Jacob Zuma. Hy is die tweede voormalige president wat in die openbaar sy steun aan die ANC vir die verkiesing onttrek: