Jordie sluit by Leinster aan

Die Ierse span Leinster het ‘n korttermyn-kontrak met die Nieu-Seelandse agterspeler Jordie Barrett gesluit. Dit duur van Desember tot die einde van die seisoen volgende jaar. Die 27-jarige speler het ‘n nuwe ooreenkoms met Nieu-Seeland Rugby gesluit tot 2028, met ‘n ruskans in 2025. Barrett, wat in 57 toetse vir die All Blacks gespeel het, sê die stap bring ‘n groot uitdaging, maar ook ‘n groot geleentheid: