Meer Chinese paartjies trou… regering soek kinders

Die getal paartjies in China wat kies om te trou, het die eerste keer in nege jaar toegeneem. Die ministerie van Burgerlike Sake sê daar was verlede jaar 7,68-miljoen pasgetroudes in die land wat 12,4-persent meer is as die vorige jaar. Die Chinese regering voer tans veldtogte om huwelike aan te moedig in ʼn poging om die land se rekord lae geboortesyfer ʼn hupstoot te gee. Volgens berigte verwag sommige waarnemers meer huwelike sal tot meer babas lei aangesien die huweliksyfer en geboortesyfer ʼn noue verband toon.