Kan vroue regtig alles hê? Nee, sê Lily Allen.

“My kinders het my loopbaan verwoes. Ek is lief vir hulle, maar in terme van popster wees het hulle dit totaal verwoes,” sê Lily Allen.

Die “om alles te hê” mite duur voort en is ‘n sê-ding wat in die 1980’s geskep is, en was ook die titel van ‘n selfhelpboek vir vroue wat min met kinders te doen gehad het en meer op geld, voorkoms, dieet en oefening gefokus het.

Die 38-jarige Engelse sangeres sê sy glo vroue moet wel kies tussen hul kinders en hul loopbane en sy het haar kinders gekies.

Foto: Verskaf