Gordhan vergader met SAL-werknemers

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens se personeel verseker hulle werk is veilig. Dit volg nadat die ooreenkoms om ʼn 51-persent aandeel in die lugdiens aan Takatso Consortium te verkoop, misluk het. Die minister het met sowat 2000 SAL-werknemers vergader. Die departement se woordvoerder, Ellis Mnyandu, sê Gordhan is vol vertroue die lugredery se bestuur sal die nasionale redery tot groter hoogtes lei: