Meer as ‘n miljoen Nigeriese skoolkinders te bang om skool by te woon

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds sê meer as 35 miljoen Nigeriese kinders het in September hulle nuwe skooljaar begin, maar meer as 1 miljoen word egter agtergelaat. Hulle is te bang om terug te keer skool toe te midde van onsekerheid en dreigemente van ontvoering. Volgens die Unicef-verslag was daar tot dusver vanjaar 20 aanvalle op skole in Nigerië waartydens 1 436 kinders ontvoer en 16 dood is. Meer as 200 kinders word nog vermis.