TransNamib-afleggings: dokumente is uitgelek

TransNamib het in ‘n verklaring op sy sosiale media platforms gesê dat dit teleurstellend is dat konfidensiële dokumente in verband met afleggings uitgelek is na die media. Die maatskappy sê hy het in die afgelope drie jaar deursigtigheid beoefen en was nog altyd toeganklik oor sy bedrywighede en uitdagings. Die afleggingsplan was nog in vroeë beplanning en moes met die ministers van vervoer John Mutorwa en openbare ondernemings, Leon Jooste, in verbinding tree in die verband. TransNamib sê hy is ook in gesprek met die betrokke vakbond Natau en sê wanneer alle rolspelers gekontak is en prosedure gevolg is, verdere inligting bekend gemaak sal word.