Meer as 4 000 vlugte wêreldwyd sedert Sondag gekanselleer

Meer as 11 200 vlugte wêreldwyd is die afgelope 24 uur vertraag en duisende ander gekanselleer. Internasionale nuusagentskappe berig dat meer as 4 000 vlugte wêreldwyd sedert Sondag gekanselleer is waarvan die helfte Amerikaanse vlugte was. Dit het verder bygedra tot vakansie-ontwrigtings weens gure weerstoestande en die toename in korona-virus-gevalle wat deur die Omikron-variant veroorsaak is. Die gekanselleerde vlugte het meer as 2 400 vertrekkende en inkomende Amerikaanse vlugte ingesluit.