Meer as 1 500 kinders seksueel aangerand

Die Namibiese minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn Doreen Sioka sê 1 566 kinders is tussen 2019 en 2021 seksueel aangerand, terwyl 883 fisies aangerand is. Sy het ’n by konsultasieproses om wetgewing oor kinderbeskerming aan te pas, gepraat. Volgens Sioka is 1 587 babas gestort en 293 kinders agtergelaat. Maatskaplike werkers het 3 112 besoeke afgelê waar berading vir families nodig was. Sy sê daar is ‘n erge tekort aan maatskaplike werkers met ongeveer een vir 13 000 kinders in die land. Daar is net 83 maatskaplike werkers in haar ministerie wat uitgebrei moet word na ten minste 242.