Mkhize se bedanking was eerbaar

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê in die lig van die Digital Vibes-skandaal in die buurland, was die bedanking van Zweli Mkhize as gesondheidsminister die eerbare ding om te doen. Die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor die maatskappy se kommunikasiekontrak van 150 miljoen Namibiese dollar met die Departement van Gesondheid is gister bekend gemaak. Volgens die ondersoekeenheid was Digital Vibes bloot ‘n frontmaatskappy wat deur bondgenote van Mkhize gebruik is om hulself te verryk. Ramaphosa sê die voormalige minister het besef daar was geen manier om aan te gaan nie…