Medupi 4 kry tweedehandse kragopwekker

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het aangekondig Medupi se Eenheid 4 sal voor skedule sy bedrywighede hervat. Hy het tydens ‘n besoek aan die kragstasie in Lephalale, Limpopo, gesê die regering het ‘n tweedehandse kragopwekker van Nederland aangeskaf om met die herstelproses te help. Ramokgopa sê die stap is daarop gemik om opwekkingsvermoë meer kostedoeltreffend te bevorder en die voortdurende uitdaging van beurtkrag die hoof te bied: