Verkragtings van kinders word nie aangemeld nie

Twee skokkendeberwerings van verkragting van minderjariges deur hul onderskeie oupas is hierdie week in die Noorde aangemeld, weke of maande na die gruweldade gepleeg is. Dit gebeur egter gereeld dat verkragtings van kinders, veral deur familielede, nie dadelik aangemeld word nie. Baie kinders sal nie rapporteer dat hulle seksueel misbruik word nie, veral deur ‘n geliefde. Kosmos 94.1 Nuus het met Yolande Engelbrecht, die koördineerder in die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, gesels oor wat die publiek moet doen, sou hulle bewus word van mishandeling van ‘n kind.