Miljarde gemors in Afghanistan

Amerika se oorlog in Afghanistan het volgens die Pentagon, die land ongeveer 12,3 miljard Namibiese dollar gekos, alhoewel dit as ‘n konserwatiewe skatting beskryf is. Die bedrag sluit miljarde in wat bestee is aan vliegtuie wat slegs vir ‘n jaar gevlieg het, ‘n groot hotel wat nog nooit oopgemaak het nie, asook kamoefleerdrag vir die Afghaanse weermag, met ‘n spog-patroon wat ‘n bykomende 416 miljoen dollar gekos het. Amerikaanse media berig hierdie inligting is vervat in ‘n katalogus oor die 20 jaar oorlogspoging wat ‘n paar maande gelede geëindig het toe Amerikaanse magte onttrek en die Taliban weer beheer in dié Asiatiese land oorgeneem het.