Medelye stroom in vir Mburumba Kerina

Boodskappe van medelye stroom in ná die afsterwe van die Namibiese held, Mburumba Kerina. Namibiese President Hage Geingob het sy innige simpatie met die familie van Kerina in ‘n verklaring van die Namibiese Presidensie uitgespreek. Die 91-jarige Kerina het Namibië sy naam gegee en was ‘n stigter van Swapo, Nudo en ander partye, sowel as regeringstrukture wat die parlement insluit. Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het ook haar herinneringe aan Kerina met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.