Meatco ervaar uitdagings met watertoevoer

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat slagbeurte by Meatco ter elfder uur gekanselleer word as gevolg van uitdagings met watervoorsiening. Produsente het die nuuskantoor geskakel en sê hulle beurt is gekanselleer na die diere reeds by die abattoir in die hoofstad aangekom het terwyl ‘n vervoerder sê hy het reeds meer as tien vragte weer teruggery plaas toe. Meatco het blykbaar produsente ingelig oor die probleem. Kosmos 94.1 se nuuskantoor het kontak gemaak met Meatco se skakelkantoor en wag tans op terugvoer oor presies wat die probleem is en hoe dit opgelos sal word.