Rand verswak, soek verskanste beleggings

Die Suid-Afrikaanse rand, en dus Namibiese dollar, verswak steeds teen die Amerikaanse dollar en het oor die afgelope week meer as 2 persent teen die Amerikaanse geldeenheid verloor. Op die oomblik verhandel die rand rondom 19,25 teen die dollar. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê pryse sal styg en die repokoers word ook geraak.

Hy sê beleggers moet kyk na rand-verskanste aandele.