Ministerie tree op oor seekoeie wat in modder vasgevang is

Honderde seekoeie is tans vasgevang in die modderwater langs die Chobe- en Linyanti-riviere in die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 News het met Romeo Muyunda, die woordvoerder van die ministerie van omgewing, gepraat. Die ministerie is bewus van die probleem en het reeds ingegryp.