McHenry Venaani kap Rusland

Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani, is ontevrede oor die Russiese Federasie se optrede teen die Oekraïne, aangesien hy sê die huidige krisis die onafhanklikheid en selfbeskikking van baie Afrikalande weerspieël wat grense geërf het, wat getrek is deur voormalige koloniale moondhede wat nie by historiese en kulturele bande gehou het nie. Venaani veroordeel die optrede van Russiese President Vladimir Poetin en doen ‘n beroep op Rusland om nie net alle militêre optrede teen die Oekraïne te staak nie, maar om terug te keer na die onderhandelingstafel en ‘n vriendskaplike en diplomatieke roete vir beide lande te soek.