SA opposisiepartye tevrede met begroting

Die Inkatha Vryheidsparty sê die begroting wat die minister van finansies, Enoch Godongwana, voorgelê het, moet verwelkom word. Hy beskryf dit as een van die mees gebalanseerde begrotings in jare. Die ACDP sê Suid-Afrikaners sal tevrede wees met die begrotingsrede vandag in die parlement. Die ACDP se hoofsweep, Steve Swart, sê ondanks die aankondiging van geen verhogings in sekere belastings nie, moet ekonomiese groei steeds gestimuleer word.