McHenry looi Swapo oor S&T-besteding en algemene vermorsing

Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM, het uitgevaar teenoor die Swapo-regering se besteding op sogenaamde S&T vir regeringsamptenare om ondersoek in te stel by verskeie aangeleenthede. Hy het melding gemaak van die fondse wat bestee is op efundja-bystand en die ondersoek wat ingestel moes word en tog, was daar geen ordentlike uitkoms nie.