Nasionale pensioenfonds word met kenners bespreek

Die Namibiese arbeidsministerie, in samewerking met die Maatskaplike Voorsorgkommissie, werk op die oomblik die besonderhede van ‘n moontlike nasionale pensioenfonds uit. Volgens die minister, Utoni Nujoma, was die eerste konsepdokument wat deur die kommissie saamgestel is, onaanvaarbaar omdat nie kruissubsidiëring was nie en dus het hoër-inkomste individue nie lae-inkomste individue gedra nie. Die twee konsepdokument het die mededingendheid van die fonds benadeel. Dus is ‘n kenner van die Internasionale Arbeidsorganisasie, Andre Picard, se hulp ingeroep en die kwessies rakende ‘n nasionale pensioenfonds is tans onder bespreking.