Mbalula sê vandag oor rybewyse

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sal vandag die jongste inligting verskaf die keerdatum vir die verlenging van die geldigheid van rybewyse. Die Departement van Vervoer het in Augustus verlede jaar ‘n verlenging in die datum van leerling-rybewyse, bestuurs-rybewyskaarte, tydelike rybewyse en professionele bestuurspermitte aangekondig en dié grasietydperk eindig vandag. Dit was deel van regeringsmaatreëls weens Covid-19-inperkings. Mbalula sal inligting verstrek oor verwikkelinge rakende die keerdatum en die pad vorentoe verduidelik.