Helfte van swangerskappe is onbeplan – VN

Die Verenigde Nasies se Aanwasgesondheidsagentskap sê die helfte van alle swangerskappe wêreldwyd is onbeplan. Die agentskap meen die oorlog in Oekraïne gaan die skokkende getal onbeplande swangerskappe laat toeneem, terwyl die konflik in Afghanistan die toename in onbeplande swangerskappe teen 2025 tot 4,8 miljoen gaan opskuif. Van die 121 miljoen onbeplande swangerskappe per jaar eindig 60 persent in aborsies.