Agt mense sterf toe vissersboot sink in Mosambiek

‘n Vissersboot het in die Zambezi-rivier in sentraal-Mosambiek gesink en agt mense, waaronder ses kinders, is dood. Dit volg ‘n week nadat byna 100 mense, baie van hulle kinders, dood is toe ‘n skip sowat ‘n duidend kilometer verder noord gesink het. Die administrateur van die Caia-gebied, Nobre dos Santos, sê die boot het altesaam 12 mense vervoer, hoofsaaklik boere. Twee mense het oorleef en nog twee word steeds vermis