Matskoonmaker kan 40 tale praat

‘n Matskoonmaker van Maryland in Amerika het almal verras deur nie minder nie as 40 tale te leer. Vaughn Smith word beskryf as ‘n hiper-poliglot – ‘n persoon wat ten minste elf tale bemeester. Hy kan tale soos Japannees, Mandaryns, Arabies, Ethiopies, Hebreeus, Wallies en Skotse Gallies praat. Smith vermoed hy is in die outisme-spektrum. Hoewel die toestand gewoonlik ‘n mens se interaksie met ander beperk, het dit in Smith se geval moontlik aan hom die spesiale vermoë gegee om met ander kontak te maak en soveel tale te leer.