SA kry dalk Augustus goeie nuus oor brandstofpryse

Daar is miskien volgende maand goeie nuus oor brandstofpryse in die buurland. Volgens die Sentrale Energiefonds se voorlopige berekeninge sal die prys van petrol en diesel nie in Augustus verder styg nie en kan dit selfs ‘n paar sent goedkoper wees. Die olieprys het gedaal, maar die Suid-Afrikaanse rand het ook verswak en dit sal ‘n groot uitwerking op brandstofpryse hê. Die brandstofheffing-verligting van 75 sent per liter kom op 3 Augustus tot ‘n einde. Volgens die daaglikse berekeninge kan die petrolprys met 23 tot 33 sent per liter daal, en diesel met 17 tot 19 sent.