Maties neem voortou in klimaatstudies

Die Universiteit Stellenbosch het die stigting van ‘n nuwe Skool vir Klimaatstudies aangekondig wat amptelik in Junie bekendgestel sal word. Die Adjunk-Visekanselier vir navorsing, vernuwing en nagraadse studies, Eugene Cloete, sê die skool sal verskeie dissiplines betrek om die klimaatverwante kennis van die universiteit se fakulteite te kombineer. Cloete sê dis die eerste skool van sy soort in Suid-Afrika wat die status van ‘n fakulteit het: