Masha die beer moet wag, daar’s oorlog

‘n Oos-Kaapse wildlewe-redder, Lionel de Lange, sê sy tasse is gepak en sy paspoort gereed om met die eerste geleentheid van die oorloggeteisterde Oekraïne huis toe te kom. Sy projek om ‘n dier daar te verskuif, kan vir eers nie voortgaan nie. Hy het Maandag na Oekraïne gevlieg as deel van ‘n projek om ‘n mishandelde beer genaamd Masha na ‘n nuwe tuiste te hervestig. Hy sê Masha se hervestiging is vir eers uitgestel. Hy verduidelik die grense is gesluit en hul vervoer, danksy die Europese Unie, is ook gekanselleer. Hy sê hy bewonder die mense van Oekraïne: