MTC se aandele sukkel maar dis geen verrassing nie

Daar was groot opgewondenheid oor die notering van MTC op die plaaslike effektebeurs en die aandeel het gestyg, na 8 dollar 90 toe maar het nou teruggesak na 8 dollar 24 toe. Volgens die stigter van High Economic Intelligence, Salomo Hei, was dit te verwagte maar, hy voeg by, die aandele gaan nie die inkomste bring wat die regering gehoop het nie.