Kan Navo die Oekraïne bystaan met troepe?

Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê hulle staan alleen teen die mag van Rusland. Die land se weermag verkeer onder erge druk en alle manlike landsburgers tussen die ouderdom van 18 en 60 is verbied om die land te verlaat. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kenner professor Andre Duvenhage gepraat oor enige moontlike militêre hulp van Navo-lede.

Westerse lande het strenger sanksies vanoggend toegepas teen Rusland. Maar, daar was reeds sanksies en Rusland het steeds sy buurland aangeval. Kosmos 94.1 Nuus wou weet of dit al is wat die Weste in sy arsenaal het?