Markus Jooste op pad hof toe

Die gewese uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, se bedrogsaak begin volgende jaar in die Oldenberg-streekshof in Duitsland. Jooste, twee gewese uitvoerende hoofde van Steinhoff en ‘n vierde beskuldigde word aangekla van balansstaatbedrog tussen Julie 2011 en Januarie 2015. Die uitvoerende hoofde word beskuldig dat hulle skyn-winste van vals transaksies op die balansstate van wettige dogtermaatskappye van die groep geplaas het. Die vierde beskuldigde word aangekla van sy betrokkenheid by twee maatskappye wat met die uitvoerende hoofde sake gedoen het. Steinhoff het ‘n primêre notering op die Frankfurtse aandelebeurs.