16 dae begin vandag, te midde van skoksyfers oor geslagsgeweld

Namibië sluit by die Verenigde Nasies aan met hul veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld vanaf vandag tot 10 Desember met die tema “UNiTE! Activism to end violence against women and girls”. Byna een uit drie vroue ervaar geweld in haar leeftyd en statistieke styg in tye van krisis ná die Covid-pandemie soos wêreldwye konflik, ekonomiese onstabiliteit en klimaatrampe. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese geslagsaktivis, Linda Baumann, gepraat.

Baumann verduidelik hoe sanitêre produkte vir meisies inpas by die veldtog…