Rentekoers: Dis ANC se skuld

Die DA sê die voortslepende styging in lewenskoste is die regstreekse gevolg van die ANC se onsamehangende ekonomiese beleide wat in die pad staan van ekonomiese groei. Dit volg nadat die Reserwebank se monetêre beleidskomitee aangekondig het die terugkoopkoers gaan met 75 basispunte verhoog word. Dit is die sewende agtereenvolgende styging en die koers is nou hoër as voor die Covid-19-pandemie. ‘n DA-woordvoerder, Dion George, sê in tye van toenemende inflasie moet fiskale beleide die impak van stygende pryse versag: