Marikana: Cyril moet ook verantwoording doen

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu sê die Marikana-slagting verteenwoordig ‘n politieke keerpunt in die land. Vier-en-dertig stakende mynwerkers van Lonmin in Noordwes het vandag in 2012 aan die hand van die polisie gesterf. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê oudpresident Jacob Zuma is nie aanspreeklik gehou nie, en ook nie President Cyril Ramaphosa, wat destyds ‘n nie-uitvoerende direkteur van Lonmin was nie. Shaku sê Ramaphosa het ‘n e-pos gestuur om druk op die destydse minister van polisie, Nathi Mthethwa, te plaas om teen die mynwerkers op te tree: