Produksie vorder – grens sluit vir 13 gewasse

Die Namibiese landbousektor vorder volgens berigte goed om in ‘n deel van die land se plaaslike behoeftes te voorsien, nadat die land sy grense gesluit het vir die invoer van 13 soorte beheerde tuinbouprodukte, insluitend gewasse soos aartappels, aangesien die plaaslike oes na verwagting voldoende sal wees. Emilie Abraham, die tuinboubestuurder van die Namibiese Akkerbou Raad, het gesê sy wil hierdie neiging in Namibië sien voortduur, soos sy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.