Mar-a-Lago klopjag kring uit

Die voormalige Amerikaanse visepresident, Mike Pence sê die klopjag op die woning van die voormalige president, Donald Trump, ondermyn die openbare vertroue in die regstelsel. FBI-agente het toegeslaan op Trump se Mar-a-Lago-landgoed, skynbaar as deel van ʼn langtermyn ondersoek na sy moontlike roekelose hantering van geklassifiseerde staatsdokumente toe hy die Wit Huis verlaat het. Pence het die Amerikaanse Prokureur-Generaal versoek om volledig aan die publiek verslag te doen oor hoekom die klopjag uitgevoer is. Die kwessie kring uit en volgens analiste word dit verpolitiseer.