Swakopmund-verkiesing: Partye gewaarsku

Politieke partye en kiesers wat aan die komende Swakopmund-tussenverkiesing deelneem is gewaarsku teen veldtogte by stemlokale en tydens die stemproses op Vrydag. Die Verkiesingskommissie van Namibië se Erongo-streek se koördineerder, Amos Nguaiko, het gesê partye mag slegs tot een dag voor die verkiesing veldtogte voer. Hy sê politieke partye kan net Donderdag veldtogte voer en Vrydag is die enigste ding wat moet plaasvind, die verkiesing. Hy maan dus kiesers en partye om nie Vrydag by stemlokale met partyvlae op te daag of party-kleure te dra nie.