Serena Williams sal na VSA Ope aftree

Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, sê sy beplan om ná die Amerikaanse Ope uit te tree. Sy sê sy is besig om van die sport af weg te beweeg na ander belangrike dinge. Sy sê in ‘n artikel vir Vogue haar besluit is beïnvloed deur die begeerte om haar gesin uit te brei. Williams het haar enkelspel-terugkeer in Junie by Wimbledon gemaak, ná ‘n lang afwesigheid weens beserings. Sy het in Toronto na haar wen met die media gepraat…